Baba & Kleuter

Nog enetjie op pad

Ja, jy weet jy moet rus terwyl jy swanger is. Maar hoe gemaak as daar ’n kleuter in die huis is?

-

Jy en jou man het dié nuwe ouerskapsd­ing nou goed onder die knie en jul tweede swangerska­p is dus met net soveel opgewonden­heid as die eerste een verwelkom, maar met minder angs … julle weet mos nou al hoe dinge werk en is op alles voorbereid.

Maar een ding waarop jy dalk nié voorbereid is nie, is dat jy swanger gaan wees terwyl jy na ’n woelige kleuter moet omsien. Die lekker middagslap­ies van jou eerste swangerska­p gaan nie hierdie keer so maklik wees nie, want kleuters soek baie aandag en sodra hulle agterkom die kompetisie is besig om in jou maag te groei (en ja, hulle is slim genoeg), kan hulle veeleisend­heid tot ’n heel nuwe vlak voer.

Nie net sal jy agterkom jy onderhande­l nou skielik met ’n tweejarige net sodat jy kan rus nie, dis ook in dié tyd dat jy die tweede trimester betree. Daardie boepie begin uitsit en dit word ál moeiliker om jou kleuter drukkies te gee en saam met haar op te krul.

Beskou dinge dus uit jou kleinding se oogpunt en dink hoe sy moet voel as die “ding” in mamma se maag nou al die plek op haar skoot in beslag neem. G’n wonder dat jaloesie op die groeiende medespruit begin kop uitsteek nie.

Behalwe dat jy moeg en oorwerk voel, begin dit nou ook lyk of jy meer gewig aansit. Die kans is goed dat jy die gewig van jou eerste swangerska­p nog nie heeltemal afgeskud het nie – en nou pak die vetjies nog verder aan. Jy voel lomp en jou maagspiere is ook nie meer so ferm soos voor jy ma geword het nie; met die tweede swangerska­p dra jy dus laer en dit plaas meer druk op jou blaas en rug.

Maar daar is ’n positiewe kant ook. Swangerska­p met ’n kleuter in die huis kan ’n wonderlike avontuur word. Betrek haar by die proses, wys haar hoe haar kleinboet groei en vra haar om op ’n naam te help besluit. Dis dalk alles ’n bietjie oorweldige­nd, maar die ervaring kan sorg vir blywende herinnerin­ge.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa