The Lowvelder

Wat jy moet weet oor die spreekwoor­delike olifant in die voorkamer die een wat jy op krediet gekoop het

-

“Persoonlik­e skuld - veral die skuldvlakk­e wat mense in SuidAfrika opgebou het - is besig om ons drome van ’n toekoms met finansiële sekerheid vir ons en ons kinders te vernietig,” sê Sherwin Govender, besigheids­ontwikkeli­ngsbestuur­der by Glacier van Sanlam. “Dit is die spreekwoor­delike olifant in die voorkamer waaroor ons baie min praat.”

Wat presies is welvaart, en hoekom is skuld dikwels ’n probleem?

“Eenvoudig gestel is welvaart dit wat jy besit; die waarde van al die geld wat jy het (jou bates) minus die geld wat jy skuld (laste of verpligtin­ge).”

Kyk byvoorbeel­d na die totale waarde van jou beskikbare bates - soos beleggings­eiendom, belastingv­rye spaarreken­inge en vaste deposito’s. Trek die totale waarde van al jou skuld - soos jou huisverban­d en die uitstaande bedrag op jou voertuig en kredietkaa­rt - af van jou beskikbare batewaarde. Baie geluk as jy ’n positiewe antwoord kry! Dit beteken jy het besteebare fondse wat jy kan gebruik om jou welvaart te laat groei.

Bates is besittings wat deur ’n persoon of maatskappy besit word, as waardevol beskou word en beskikbaar is om skuld, verpligtin­ge of erflatings te dek.

Hoekom word aftreespaa­rgeld nie as ’n beskikbare bate gereken nie?

Dis heel eenvoudig: jou aftreespaa­rgeld is daar om jou ’n inkomste te gee wanneer jy aftree. Elke rand wat jy gebruik voor jy aftree, is ’n rand plus saamgestel­de rente wat jy nie sal hê wanneer jy dit regtig nodig het gedurende aftrede nie.

Saamgestel­de rente is die rente wat jy op rente verdien. Dis eintlik ’n eenvoudige som: as jy R100 het en dit verdien elke jaar 5% rente, sal jy aan die einde van die eerste jaar R105 hê. Aan die einde van die tweede jaar sal jy R110.25 hê. Jy het dan nie net R5 rente op die aanvanklik­e kapitaal van R100 verdien nie, maar ook R0.25 rente op die R5 rente.

Die berekening van jou welvaart is eenvoudig: bates minus laste.

Kom ons kyk na Pam se situasie en doen die somme.

Pam wil haar motor opgradeer. Dis ’n intreevlak­voertuig en was nuut toe haar pa dit in 2017 vir haar gekoop het. Dit het toe R100 000 gekos en is nou

R80 000 werd. Meganies skort daar niks met haar motor nie. Sy laat dit gereeld diens, en sy betaal kontant hiervoor, omdat die diensplan al verstryk het. Die motor is lig op brandstof en Pam bestee ongeveer R2 500 per maand om die voertuig aan die gang te hou.

Sy wil graag ’n nuwe motor hê wat

R200 000 kos. Sy beplan om haar motor in te ruil, maar sal voertuigfi­nansiering nodig hê om die uitstaande bedrag op die nuwe motor se prys te bekostig.

Pam het haar begroting herorganis­eer om die skuldterug­betaling op die nuwe voertuig te kan bekostig.

Sê nou Pam het die geld belê in plaas van om ’n nuwe motor te koop?

Gestel Pam besluit om haar huidige motor te hou en die maandeliks­e paaiement van R2 814 eerder in ’n belastingv­rye spaarreken­ing te belê. Na vyf jaar sal sy R206 764 opgebou het, wat sy kan gebruik om ’n voertuig te koop (’n bate waarvan die waarde verminder), of sy kan dit gebruik as ’n deposito op ’n huis (’n bate waarvan die waarde toeneem). Hierdie belegging het die potensiaal om welvaart te skep, terwyl die motor elke dag waarde verloor.

Wat jy oor skuld moet weet:

• Ken die verskil tussen gesonde en ongesonde skuld. Dit is belangrik om te weet wat die verskil tussen die twee is.

• Erken jou skuldprobl­eem. As jy verskeie kredietfas­iliteite (soos lenings, kredietkaa­rte of oortrekkin­gsfasilite­ite) het en sukkel om jou skuld terug te betaal, het jy ’n skuldprobl­eem.

• Elimineer die skurk in jou welvaartve­rhaal. Die meeste van ons wil welvarend wees. Terwyl skuld die skurk in jou welvaartve­rhaal is, is spaar die held.

• Kry hulp. ’n Finansiële adviseur sal jou finansiële omstandigh­ede in ag neem en jou help om ’n finansiële plan saam te stel wat vir jou besondere behoeftes nommerpas is.

Alle berekening­s in hierdie artikel is bloot ter illustrasi­e. Beleggings­opbrengste is onderhewig aan markskomme­linge en onderligge­nde fondse se voortsprui­tende prestasie.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa