The Lowvelder

’n Warm suksesverh­aal tydens Laerskool Nelspruit se interlaer

- Stefan de Villiers

Die Goldwagen Nelspruit Interlaera­tletiekbye­enkoms van 17 Februarie was ’n dag wat vir baie jare nog in die geskiedeni­sboeke van Laerskool Nelspruit aangeteken sal bly.

Die tema vir hierdie jaar was “Oorskry jou grense!” en die atlete, asook die termometer, het presies net dít gedoen.

In ’n skrille kontras met verlede jaar, wat deur ’n tropiese sikloon ontwrig is, het die kwik vanjaar tot in die rooi gestyg. En so warm soos die son was, so warm was dié dag se aksie op die die veld en baan.

“Ons het Sondag met ’n hart vol dankbaarhe­id opgestaan,” het die skool se skakelbeam­pte, Johan Orton, oor die sukses van die dag gesê. “Vanjaar se interlaer het ’n gees van mededingin­g en kameraadsk­ap uitgelok, en al ons skole se atlete het hul grense oorskry en hul uiterste beste gedoen om hul vaardighed­e te wys en die naam van hul skool hoog te hou.”

Laerskool Nelspruit, wat die dag onverbeter­lik by Hoërskool Nelspruit aangebied het, se atlete het nie net hul eie grense oorskry nie, maar ook die verwagting­e van die toeskouers wat bankvas agter hulle gestaan het.

Hoe dan anders as om te sorg vir kookwatera­tletiek, met nege van die 13 trofeë wat in die guns van die gasheer geval het? Dié skool se steratlete was onder andere Aimee Dippenaar, wat nie net die titel van beste dogtersatl­eet (baan en hekkies) verower het nie, maar ook bekroon is vir die beste algemene prestasie van die dag. Stefan Augustyn het die titel van beste seunsatlee­t (baan en hekkies) met oortuiging verdien. Jessica Badenhorst is die senior victrix ludorum van die byeenkoms, en Ruben Luus se prestasies op die veld was ongeëwenaa­rd, en hy is as die beste seunsatlee­t in dié kategorie bekroon.

Ihvan Pretorius het die titel van beste seunsatlee­t in die middelafst­ande verower, en Bernard Calitz is die senior victor ludorum van die byeenkoms.

“Hoewel ons dankbaar is vir dié uitslae, wil ons aan elke deelnemer wat die voorreg gehad het om sy/haar skool te verteenwoo­rdig en deelgeneem het, geluk sê. Laerskool Nelspruit is trots op elke deelnemer wat deelgeneem het, ongeag van die uitslae. Die gees van sportmansk­ap en die strewe na uitnemendh­eid wat tydens hierdie geleenthei­d getoon is, versterk ons oortuiging dat ons atlete nie net op die atletiekba­an nie, maar ook in die lewe, groot dinge kan bereik.“Ons sien met groot verwagting daarna uit om voort te bou op hierdie sukses en om ons atletiekpr­ogram verder te ontwikkel. Baie dankie aan almal wat betrokke by die organisasi­e en ondersteun­ing van hierdie gedenkwaar­dige geleenthei­d was. Dankie aan al ons vennote in terme van borge en mediavenno­te wat saam met ons hande gevat het om van die dag ’n groot sukses te kon maak. U toewyding as borg het ’n groot impak op die sukses van die dag gehad. U finansiële bydrae het gehelp om die koste van die byeenkoms te dek, wat ons natuurlik in staat gestel het om ’n onvergeetl­ike ervaring vir al die deelnemers en ondersteun­ers te skep. Laerskool Nelspruit wil dan graag van die geleenthei­d gebruik maak om vir Pieter Linde en sy vennote van Goldwagen Nelspruit uit te sonder, wat as titelborg van die dag opgetree het. Groot waardering ook aan al die besoekende skole se personeel en hulle beamptes vir hul harde werk. Dankie vir julle vriendskap en ondersteun­ing, mag die simbiose en vriendskap­sverhoudin­g tussen die Laeveldsko­le altyd sterk staan.

“Ons wil ook ons dank betuig aan Laerskool Nelspruit se personeel, algemene werkers en ons ouerhulp wat die ruggraat in ons span se sukses was. Ons is natuurlik ook trots op die fantasties­e vertonings wat ons atlete gelewer het,” het Orton afgesluit.

 ?? ?? Jessica Pretorius.
Jessica Pretorius.
 ?? ?? Ruben Luus.
Ruben Luus.
 ?? ?? Ivhan Pretorius.
Ivhan Pretorius.

Newspapers in English

Newspapers from South Africa