KRAGDAK
Die kunsmisvervaardiger Atlantic Fertilisers by Philadelphia buite Kaapstad het onlangs ’n sonkragstelsel van 360 kWhp in gebruik geneem wat eindelik in 40% van sy elektrisiteitsbehoefte sal kan voorsien. Die maatskappy is geheel en al van elektrisiteit afhanklik vir sy primêre besigheid – om hoendermis in korrels om te skakel. Om dié installasie moontlik te maak, moes die fabriek se pakhuis met 2 500 m2 uitgebrei word, wat hom nou ook meer kapasiteit gee om in stil maande meer voorraad te vervaardig en op te berg vir besiger maande. SPV Solar Group het die installasie behartig.